Doel van Webtuiste

Welkom by Hoërskool Pionier se aanlyn reünie webtuise vir die klas van 1986.

Dit is ongelooflik om te dink dat 'n jaar al amper verloop het sedert 'n groepie klasmaats van 1986 besluit het dat 'n 30 jaar reünie net die regte ding is om ons nostalgiese snare te prikkel. En nou is die tyd hier!

Die datum vir die reünie is nou vasgemaak en dit sal plaasvind gedurende die naweek van 1 Oktober 2016 DV te Vryheid. Besonderhede in terme van die naweek se verrigtinge volg binnekort en sal gebaseer wees op die terugvoer wat ons ontvang van almal wat beoog om die reünie by te woon.

Almal word versoek om 'n aanlyn profiel op hierdie bladsy te vestig, selfs al kan jy nie die reünie bywoon nie, want dit stel ons in staat om 'n Reünie Portefeulje op te stel wat aan almal gestuur kan word. Die aanlyn profiel kan gevestig word deur die Klasmaat Profiele skakel aan die bokant van hierdie webtuiste te volg. Vul asseblief jou profiel so volledig moontlik in, dan kan ons almal weer in kontak kom met mekaar en lief en leed deel.

Hierdie webtuiste sal verder die koördineringsplatform wees waarmee ons sal kommunikeer met alle belangstellendes. Verken gerus die webtuiste en kontak ons indien u inligting het om nog van ons klasmaats mee op te spoor.

Versprei asseblief die skakel (http://www.pionier86.rocks) van hierdie webtuiste na al ons ou klasmaats.

Sien uit om julle weer te sien na al die jare!

Die Organiseringskomitee



agape