Jan Botes

Profile Updated: May 10, 2011
Residing In: Bloemfontein South Africa
Military Service: SA Inligtingskool, Kimberley/ Paratus  
Yes! Attending Reunion
Comments:

EK is nou in Ons Tuiste-tehuis, Appelkoosgang. Ek was 21 jaar by Volksblad. Ek het begin in Bloemfontein en was daar ongeveer drie jaar in die nuuskantoor. In die landroskantoor, hooggeregshof, was die misdaad- en militere verslaggewer, voordat ek Welkom toe verplaas is as 'n verslaggewer/fotograaf vir ses maande. Daarna is ek Kroonstad toe, waar ek drie jaar en een maand was. Die volgende verplasing was na Kimberley, waar ek vir twee jaar agt maande was. Daarna is ek weer terug na Bloemfontein, waar ek gaan werk het in die nagkantoor as taalversorger/bladopmaker oftewel sub van '95 af. Daar het ek gevorder tot assistent-hoofsub. Ek sou nog seker daar gewees het as ek nie siek geword het nie.
Ek het twee sogenaamde "lewensstylsiektes" opgedoen. Ek het cholestrol gehad, toe kry ek nog diabetes tipe-2 ook bygekry. Asof dit nie al 'n waarskuwing was nie, het ek erge hoofpyne gehad,waarvoor hulle geen rede kon vind nie. In 2008 het ek een Saterdagaand begin rukkings kry. Dit omtrent 'n uur aangehou. Ek is hospitaal toe, maar hulle kon die fout kry nie. Op die ou ent het hulle verkalkende nekslagare gediagnoseer. 'n Week later toe gebeur dit weer. Hierdie keer was dit in die oggend. Ek was in die badkamer en terug in die slaapkamer, het ek op die bed neergeval.
Ek het toe weer hospitaal toe gegaan. My ma het gebel en soos die vorige keer, kon ek nie by die tetefoon uitkom nie. Sy het toe my broer gebel, wat weer die ambulans gebel het toe hullle ook nie by my uitgekom het nie. Ek was totaal en al verlam. Ek het wat hulle noem "locked-in syndrome" gehad. Ek het alles rondom my gehoor en gevoel, maar kon niks beweeg nie. Ek eers net kommunikeer deur my kop te knik, of te skud. Ek het buisies in my keel, maag en blaas gehad. Ek was daarna ses maande in die hositaal en later 'n kliniek gewees. Ek het later gekommunikeer deur op 'n alfabet-kaart met my regtethand se wysvinger te tik.
Dit is nou twee jaar later en ek is nou by my broer en skoonsuster aan't huis. Ek is nog bedleend en kan nie my linkerbeen genoeg beweeg om te kan loop nie. Ek kan dus nie opstaan om dinge te doen nie en moet 'n knoppie druk om mense te vra om dinge te doen.

Jan's Latest Interactions

Hide Comments
Jan Botes has a birthday today.
Oct
28
Oct 28, 2023 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2022 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2021 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2020 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2019 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2018 at 11:34 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2017 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2016 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today.
Oct 28, 2015 at 11:33 AM
Jan Botes has a birthday today. New comment added.
Oct 28, 2014 at 7:44 PM

Posted on: Oct 28, 2014 at 11:33 AM

Hide Comments
Posted: Dec 17, 2013 at 8:11 AM




agape