Ai, dit lyk soooo lekker (en kkkkkoudddd)!!! Is nou skoon bewoë...Sou my voor-, kies- en verstandtande gee om daar saam met julle te kon kuier!! Vir die 1ste keer is ek spyt ek bly in die Kaap!! Maar ons dinge is in elk geval so deurmekaar hier. Ons is besig met "renovations" en ons huis staan op sy kop!! En dan was my man verlede week die hele week in die Suid-Kaap en moes mamma maar die fort hou!
Moet sê, daar is 'n paar mense wat ek nou wraggies nie sou herken nie....o.a. Johan en Tank! Die "meisies" lyk almal pragtig....word ook NIKS ouer nie! Riana het seker genoem dat ek, sy en Pieter so 'n rukkie gelede saamgekuier het. Dit was sooo nice.....gevoel of ons mekaar gister laas gesien het. Tyd is darem maar 'n snaakse ding!
Sien uit na die res van die foto's.....baie dankie vir die wat jy gestuur het....ek gaan dit laat "print" (en koester!)
Wat was die telling toe???
Lekker dag vir jou!
Liefnis
Liezl
----- Original Message -----