Hi almal. Dis weer tyd om fees te vier!!!!! Soos julle al seker bewus is: ons almal, eintlik meeste van ons, word hierdie jaar 50. Ons beplan ons eie 50ste verjaarsdagviering 8 Sept naby Klerksdorp. Ek wil julle almal asb vra om julle kontakdetails, insl. epos-adresse, vir my aan te stuur: +27 84 568 0706 (verkieslik Whatsapp), of hswanevelder@gmail.com of wesvalia86@gmail.com. Ons sal spoedig verdere info deurstuur. Laat asb ander weet & kom ons kyk of ons dit ‘n geweldige sukses kan maak.
Ons beplan die funksie by Klub Louico, ‘n lekker Afrikaanse plekkie buite Klerksdorp. Die hooffunksie sal die Saterdagmiddag / aand wees. Daar sal ‘n skaapspit & bykosse wees, en daarna sal ons net lekker kuier & dans. Jy kan jou eie drinkgoed bring. Daar is ook chatels & kampplek / karavaanstaanplek, as jy die naweek sommer wil oorbly. Die hooffunksie Saterdag is R175/volwasse, & R75/laerskoolkind. Klub Louico se nr is 018 484 4693. Dis ook hul fakslyn. Epos: klublouico@lantic.net. (http://www.goingwhere.co.za/klub-louico). Dit sal elke persoon se eie verantwoordelikheid wees om sy eie akkomodasie met Louico te reël. As alternatief, is die Leeuplaas so 3 km daarvandaan - laat net weet as jy hulle kontakdetails soek. Ons sal later nog verdere info deurstuur, ons wil net solank die boodskap bring. Hoop ons is sommer ‘n klomp die 8ste Sept saam.