
Hoërskool Pionier
Klas van 1986
|
Welkom by Hoërskool Pionier se aanlyn reünie webtuise vir die klas van 1986.
Dit is ongelooflik om te dink dat 'n jaar al amper verloop het sedert 'n groepie klasmaats van 1986 besluit het dat 'n 30 jaar reünie net die regte ding is om ons nostalgiese snare te prikkel. En nou is die tyd hier!
Die datum vir die reünie is nou vasgemaak en dit sal plaasvind gedurende die naweek van 1 Oktober 2016 te Vryheid. Die reünie naweek se program is as volg:
Vrydag 30 September 2016:
Kaas en Wyn geleentheid om 18:30 op die plaas Goedgedacht distrik Vryheid (gedetaileerde aanwysings na die plaas is beskikbaar op linkerkant van hierdie webtuiste). Kaas, kouevleis,beskuitjies, brode, patees, olywe en konfyt sal beskikbaar wees. Bring net jou eie wyn, daar sal ekstra wyn wees vir die wat vergeet het.
Bevestig nie later as 15 September deur Johann Müller te kontak op 083 455 7446 of per epos by johann.muller@angloamerican.com. Ons het reeds 'n paar bestuurders gewerf wat nie wyn sal drink nie, hulle kan die ander gaste vervoer vanaf Vryheid na die plaas. Kontak weereens Johann Müller indien jy van een van hierdie saamry geleenthede gebruik wil maak.
Saterdag 1 Oktober 2016:
Die hoof reünie geleentheid begin om 15:30 by Hoërskool Pionier se losie. Kaartjies is beskikbaar teen R200 per kop en moet aangeskaf word by Johann Müller teen 14 September 2016 (Kinders onder 12 is gratis). Ingesluit in die kaartjie is 'n lam op die spit, pap en sous, baba aartappels, twee slaaie, broodrolletjies en roomys met sjokolade sous. Verder is daar 'n DJ vir die aand en 'n professionele fotograaf wat vanaf 4 n.m. to 8 n.m. fotos sal neem wat aan almal beskikbaar gemaak sal word.
Die skool laat nie 'n kontant kroeg toe nie, maar elkeen mag sy/haar eie drinkgoed verskaf, insluitend alkoholiese verversings.
Die gedetaileerde program is beskikbaar deur die 30 Jaar Reunie Program skakel op die linkerkant van hierdie webtuiste te volg.
Sondag 2 Oktober 2016:
Daar is 'n Kerkdiens om 9:00 by die NG Moedergemeente vir diegene wat belangstel, gevolg deur ontbyt by die Wimpy om 10:30 (elkeen betaal vir hom/haarself). Bevestig asseblief of jy die ontbyt gaan bywoon deur Johann Müller te kontak sodat ons 'n groepsbespreking by die Wimpy kan maak.
Versprei asseblief die skakel (http://www.pionier86.rocks) van hierdie webtuiste na al ons ou klasmaats.
Sien uit om julle weer te sien na al die jare!
Die Organiseringskomitee
ANNOUNCEMENTS
|
Powered by Class Creator