Instruksies vir Nuwe Besoekers

Lees asseblief deur hierdie instruksies, dit bevat belangrike inligting wat jou ondervinding van besoeke aan hierdie webtuiste sal maksimeer.
 
 
 

Op hierdie webblad sal u die volgende vind:

 
 

1. DIE DOEL VAN HIERDIE WEBTUISTE

Keer terug na Spyskaart

Hierdie webtuiste was geskep sodat die klasmaats van 1986 met mekaar kan skakel (selfs diegene wat nie die reünie sal bywoon nie). Ons volgende doelwit is om hierdie webtuiste te gebruik as 'n plakboek (scrapbook) van herinneringe vir alle klasmaats en hulle gesinne. Hierdie webtuiste is defnitief privaat!

Alles wat jy moet weet om 'n profiel te skep om toegang te kry tot alle areas van die webtuiste is op hierdie webbladsy. Indien jy enige vrae het kontak gerus Johann Müller (+27 83 455 7446).

 

2. PRIVAATHEIDSVERKLARING

Keer terug na Spyskaart

Alle kontak inligting (adres, telefoon nommers, e-pos adresse) wat deur jou hier verskaf word, word as konfidensieël beskou. Die webwerf verskaffer van hierdie webtuiste, ClassCreator,com, is 'n Amerikaanse maatskappy wat onder streng privaatheidswetgewing sake bedryf. Jou inligting sal onder geen omstandighede aan 'n derde party verkoop word nie of enigsins anders aan 'n derde party verskaf word nie.

Jou kontakinligting is privaat; jou straatadres, e-pos adres en telefoonnommers kan nie deur ander klasmaats gesien word nie. Verder besit elke klasmaat die vermoë op die sigbaarheid van sy of haar profiel te beperk tot klasmaats allenlik deur die toepaslike opsie te kies in die Profile Visibility afdeling gedurende die vestiging van sy of haar aanlyn profiel. Indien jy nie hierdie privaatheidsopsie kies nie kan jou aanlyn profiel deur nie-lede van die webtuiste (soos familie, vriende en vreemdelinge) gesien word, en jou aanlyn profiel kan deur die vernaamste soek enjins (bv. Google) geïndekseer word.

Opsporing van jou aanlyn profiel deur soek enjins soos Google te gebruik:

  • Indien jy ingeteken is op hierdie webtuiste en jy het jou profiel beprek het tot slegs mede klasmaats en jy gebruik dan 'n soek enjin om te bepaal of jou privaatheidsopsies werk, sal dit blyk asof dit NIE WERK NIE. Dit is as gevolg van die feit dat jy aangeteken (logged in) was. As jy so uitteken (Log Out) en dan weer probeer soek, sal jy vind dat jou inligting beskerm is.

Eposte kan op hierdie webtuiste gedeel word deur die kontak opsie te gebruik aan die bokant van elke klasmaat se profiel bladsy (Net onder die klasmaat se hooffoto in die boonste linkerhoek). Op hierdie manier kan jy klasmaats kontak sonder om jou privaat epos adres te deel, tensy jy so verkies.

Alle epos nuus wat deur ons aan u gestuur word deur hierdie webtuiste: Indien jy 'n gemorspos (spam) blokkeerder het of epos filtreering toepas, sorg asseblief dat die epos adres noreply@classcreator.net by jou veilige verskafferslys (safe senders list) gevoeg word, anders sal die epos geblok word.

Neem asseblief kennis: indien jy nie jou naam en foto op hierdie webtuiste wil hê nie kan dit verwyder word deur Johann Müller te kontak. So versoek sal dan alle kommunikasie tussen jou en hierdie webtuiste beïndig, tensy jy spesiale reëlings tref.

 
 

3. OPSTELLING VAN JOU PROFIEL

Keer terug na Spyskaart

Ten einde toegang te verkry tot die webbladsye wat wagwoord beskermd is op hierdie webtuiste, moet jy 'n aanlyn profiel opstel deur jou epos adres en 'n wagwoord as 'n minimum te verskaf.

Jy kan jou aanlyn profiel opstel deur die Klasmaat Profiele skakel te volg aan die bokant van hierdie bladsy en dan jou naam in die klaslys te vind. Kliek op jou naam en volg die instruksies ten einde jou profiel te skep.

Privaatinligting soos jou epos adres, fisiese adres, posadres en telefoon nommers word nie sigbaar gemaak aan mede klasmaats nie. Ons versamel hierdie inligting indien ons jou moet kontak deur middel van gewone pos of telefonies.

Ons moedig jou aan om 'n onlangse foto te gebruik as jou hooffoto (master photo). Hierdie foto word in verskeie areas van die webtuiste gebruik. Dit is ook handig om 'n addisionele "Nou" foto en "Dan" foto te laai. Klasmaats sal dit geniet om te sien hoe almal verander het met die jare!

Indien jou naam nie verskyn op hierdie webtuiste nie, maar jy was wel deel van die Hoërskool Pionier klas van 1986, kontak ons asseblief onmiddelik en jou naam sal bygevoeg word.

Indien enige van jou kontak details verander, dateer dit asseblief op in jou aanlyn profiel sodat ons jou kan deel maak van die pret!

Wagwoorde:

Die keuse van 'n wagwoord (password) hoef nie aan die hoogste sekuriteitsstandaarde te voldoen nie, kies liewers 'n wagwoord wat maklik is vir jou om te onthou. Deur die Remember Me opsie te kies tydens die aanteken proses, kan jy die hele wagwoord proses omseil (totdat jy 'n nuwe rekenar gebruik of jou rekenaar se "cache" skoon gemaak is).

Indien jy jou wagwoord vergeet het, kliek net op die forgot password skakel en jy sal gehelp word. Indien jy nie kan onthou watter epos adres jy gebruik het om te registreer het nie (dit gebuer nogal deesdae) kontak Johann Müller om jou te help.

 
 

4. "VERLORE" KLASMAATS

Keer terug na Spyskaart

Die wonderlike deel van hierdie webtuiste is dat dit vooraf opgestel was en ons slegs name moes byvoeg. Die webtuiste identifiseer outomaties "verlore klasmaats" gebaseer op die feit dat ons geen epos adres het vir hierdie klasmaats nie.

Help ons asseblief om ELKE klasmaat te kontak. Indien jy enige inligting het vir individue wat op hierdie lys verskyn, kontak ons gerus.

 

 

5. KONTAK MET KLASMAATS

Keer terug na Spyskaart

Dis maklik om 'n mede klasmaat te kontak, kies net die epos opsie aan die linkerbokant van die betrokke klasmaat se profiel (net onder die hooffoto). Hierdie opsie laat oop kommunikasie tussen klasmaats toe sonder om jou privaat inligting te deel. Indien jy wel jou privaat epos adres wil deel binne in 'n boodskap aan 'n ander klasmaat sal ons jou nie kan blokkeer nie.

 
 

6. BYVOEGING VAN FOTOS TOT JOU PROFIEL

Kies terug na Spyskaart

Om opgedateerde fotos op te laai na jou aanlyn profiel is nie verpligtend nie, maar dit is 'n goeie manier om mense weer te leer ken. Dit gebeur blykbaar gereeld dat sommige van ons klasmaats mekaar ontmoet sonder dat hulle dit besef ... miskien het ons almal maar verander oor die jare?

Vul foto plekhouers bo aan u Profiel:

  • Volg die Edit Profile skakel nadat jy die Klasmaat Profiele gevolg het en op jou eie profiel gekliek het.
  • Volg die Select Photo... skakel waneer jy jou muis oor een van die fotos beweeg ten eide 'n nuwe foto op te laai.

Byvoeging van "Profile Gallery Images" tot jou Profiel:

  • Volg die Edit Profile skakel nadat jy die Klasmaat Profiele gevolg het en op jou eie profiel gekliek het.
  • Volg die skakel verteenwoordig deur die kamera simbool bo reg op die bladsy.
  • Jy sal vorige gelaaide fotos sien. Selekteer die Upload a New Photo knoppie om meer fotos by te voeg.
  • Selekteer die fotos wat jy wil vertoon op jou profiel. Alle fotos met groen regmerkies sal vertoon word. Indien jy dit wil wegsteek, selekteer die foto weer en die groen merkie verdwyn.
  • Om 'n foto titel by te voeg, beweeg die muis oor die betrokke foto en volg die Edit Details skakel. Voeg die gekose titel by en stoor (save) dit.
  • Jy kan ook die volgorde van fotos verander deur hulle te "drag and drop" in nuwe posisies.